25/09/2023
Barend Breedt
Wat n ongelooflike hengel naweek 🙏
Ek en Mandy besluit om Promania by Jacky Leanard (Vaaldam) te gaan hengel.
Saterdag:
Baie opgewonde om ons 3 nuwe produkte te toets!!
Ek trek n pen links in die dieper water en besluit om op 45m en 60m te hengel.
Die vis speel goed saam en ek hengel die twee afstande die hele dag.
Ek vang 34 vis vir 13,7kg wat my n sone wen 🥇 gee asook n alg 1ste vir die dag 🏆
Sondag:
Ek trek weer n pen aan die linker kant, en besluit om die selfde plan te volg, 45m en 60m.
Teen 10uur het my 45m stil geword en ek skuif hom ook na 60m toe.
Ek maak die dag klaar met 52 vis vir 19,7kg wat genoeg was vir n sone wen 🥇 asook n alg 1ste vir die dag 🏆
Iets wat baie goed vir my werk as die vis begin op n tempo byt, is om elke 3de gooi iets anders op die voer bal te sit, nie almal stem saam nie maar vir my werk dit.
En daar is niks wat akurate hengel wen by oewers soos Jacky nie.
Dips wat kop bo skouers uit gestaan het die naweek:
💥1: Viking (n baie sterk musk)
💥2: Arrow (Anys)
💥3: Duiwelsdrek (ons nuwe skoon Drek)
💥4: Pokemon (Peach)
💥5: The Bom Squad (Tcp/Garlic/Stuttaford)
💥6: Dragonfruit (Mix Fruit)
💥7: Zeus (Clove)
💥8: Excalibur (Musk)
💥9: Faith (Musk)
💥10: Gametime (Cheese)
Met die seisoen wat gedraai het, en met spawn tyd wat nou gaan begin is die Musk dippies n moet!
Aas:
🔥Maggots
🔥Killer instinct sagte floats
🔥Dragonfire cloudeez
🔥Wit Gametime cloudeez
Voer:
LEGENDS LEGACY FEED PLUS 👌