Huis Aristea

Huis Aristea Huis Aristea is op 14 April 1975 amptelik ingewy. Die naam Huis Aristea kom van 'n aristeablom wat vandag nog hier in Durbanville naby die renbaan groei.

Huis Aristea is 'n program van Badisa.

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE 2025Die Here het jou wonderlik gemaak, Hy het net een van jou gemaak, jy is genoeg. ‘Kia orana!’ ...
07/03/2025

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE 2025
Die Here het jou wonderlik gemaak, Hy het net een van jou gemaak, jy is genoeg. ‘Kia orana!’ is hoe die eilandbewoners van die Cook-eilande mekaar groet. Dit beteken: “Mag jy lank lewe en mag jy goed lewe. Mag jy soos die son skyn. Mag jy met die golwe dans.” So het ons ook vanoggend mekaar gegroet toe Ds Cecile Murray-Louw vir die vroue van Huis Aristea 'n boodskap van hoop gebring het. Elkeen het 'n blom gebring en saam het ons gebid vir die vroue van die Cook-eilande en ook vir die vroue van ons wonderlike Vaderland, Suid-Afrika. Dankie Ds Cecile vir die mooi boodskap.

Waar lê jou voetspore? 👣Laat ‘n blywende voetspoor in die geskiedenis en voortbestaan van Huis Aristea en help ons om ‘n...
05/03/2025

Waar lê jou voetspore? 👣
Laat ‘n blywende voetspoor in die geskiedenis en voortbestaan van Huis Aristea en help ons om ‘n verskil te maak in die lewens van ons inwoners!
Ons vier 50 jaar van sorg en omgee, en met jou hulp kan ons ‘n veilige en mooi leefomgewing vir ons inwoners verseker. Daarom loods ons die 50 | 50 | 50 veldtog:

💙 50 mense wat vir 50 dae R50 skenk (of ‘n eenmalige donasie van R2500) = ‘n blywende verskil vir nog 50 jaar van liefde en omgee!

Ons doel is om R125 000 in te samel vir nuwe vloerbedekking in ons kamers en leefareas se gange. D**k net aan al die voetspore wat oor die afgelope 50 jaar hier geloop is! Ons inwoners verdien ‘n omgewing wat bydrae tot hulle waardigheid, want ons is dankbaar vir die voetspore wat hulle in ons lewens laat – en jy kan help om dit moontlik te maak.

Hoe kan jy skenk?
🔹 EFT:
Huis Aristea
Rekening: 141 0400 134
Bank: Absa Durbanville
Verwysing: Naam & 50Jaar
🔹 Yoco-skakel:
https://pay.yoco.com/huis-aristea
📧 Navrae: [email protected] | ☎️ 021 976 3166

👣 Kom kuier Vrydae tussen 10:00 en 12:00 vir ‘n lekker koffie en koek by Queen Café vir net R50 – kom sien self hoe jou donasie ‘n verskil maak!

Ons vier Nasionale NPO-dag.Dankie aan Helpende Hand vir 'n Netwerkgeleentheid waar ons weer ons tenke kon kom vol maak h...
27/02/2025

Ons vier Nasionale NPO-dag.
Dankie aan Helpende Hand vir 'n Netwerkgeleentheid waar ons weer ons tenke kon kom vol maak het asook aan Residentia Boland wat die lokaal beskikbaar gestel het en ons bederf het met heerlike verversings. Salvon Fransman van Departement Sosiale Ontwikkeling het ons bewus gemaak dat die NPO-sektor sterk mense met passie, toewyding en goeie waardes hoog op prys stel. Annelise de Jager was die volgende spreker aan die woord om ons te vertel van die boublokke vir die welstand van 'n NPO. Teetyd is ons bederf met koffie en melktert en 'n gelukkige prystrekking het gesorg vir ekstra opwinding. Dané Kotzé, Helpende Hand Streekmaatskaplike werker het gepraat oor netwerke bou en samewerking waarna Johan Laten van "reboot your resilience" met 'n inspirerende sessie oor psigiese en emosionele gesondheid, ons toegerus het met 'n skatkis vol waardevolle raad oor die belangrikheid van persoonlike welstand om wel 'n verskil in die lewens van ander te kan maak. Dankie aan ons bestuurder, Mev. Monice Brand en boekhouer, Mev. Chrizél Fourie wat die geleentheid bygewoon het en sodoende Huis Aristea se voetspoor uitbrei in die gemeenskap.

Los jou voetspore by Huis Aristea! ✨Die week tel ons 50 dae af tot ons verjaarsdag! Huis Aristea vier 50 jaar van liefde...
26/02/2025

Los jou voetspore by Huis Aristea! ✨
Die week tel ons 50 dae af tot ons verjaarsdag! Huis Aristea vier 50 jaar van liefde, omgee en sorg met deernis vir ons ouer persone. 👵👴
Vir net R50 kan jy deel wees van ons 50 dae veldtog en help ons om R125 000 in te samel vir nuwe vloerbedekking in die gange by ons kamers en leefruimtes. Dit sal ‘n veilige en esteties pragtige omgewing vir ons inwoners skep – ‘n ruimte wat hulle met trots hul tuiste kan noem. Jou donasie bring nie net vernuwing nie, maar ook waardigheid vir almal wat hier woon. En, wie hou nou nie van ‘n “before and after transformation” nie? 😃
Ons beoog om 50 mense te kry wat vir 50 dae R50 elke dag skenk. Saam kan ons ons doelwit maklik bereik en ‘n blywende verskil maak!
Volg ons blad en wees deel van ons reis vir die volgende 50 dae! Ons sal ook stories oor die afgelope 50 jaar van Aristea deel.
👉 https://www.facebook.com/HuisAristea
Like, Follow en Share!

Wat 'n groot voorreg vir ons bestuurder Monice Brand en koördineerder van fondswerwing en bemarking, Nandi Zaayman, van ...
26/02/2025

Wat 'n groot voorreg vir ons bestuurder Monice Brand en koördineerder van fondswerwing en bemarking, Nandi Zaayman, van Huis Aristea om twee dae saam opleiding te kon bywoon wat Annelise de Jager, in samewerking met Badisa, aangebied het. Annelise is 'n begeesterde aanbiedster wat mens bemagtig en toerus met kennis en vaardighede om nog 'n groter verskil in die lewens van ouer persone te maak. Daar was ook geleentheid om te netwerk en mekaar beter te leer ken. Dankie aan Alta du Toit Centre vir die beskikbaarstelling van hul fasiliteite vir die twee dae werkswinkel. Ons gaan beslis dit wat ons nuut bygeleer het toepas en implementeer om die volhoubaarheid van ons tehuis te verseker.

Vakature: Professionele Verpleegkundige Huis Aristea in Durbanville, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature beskikbaar v...
19/02/2025

Vakature: Professionele Verpleegkundige
Huis Aristea in Durbanville, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature beskikbaar vir ‘n toegewyde Professionele Verpleegkundige met 'n passie vir die versorging van ouer persone. As jy oor uitstekende verpleegsorgvaardighede en sterk leierseienskappe beskik, kom word deel van ons span!

📍 Waar: Huis Aristea, Queenstraat 5, Durbanville
📅 Sluitingsdatum: 28 Februarie 2025
📩 Aansoeke: Stuur jou CV na [email protected]

📄 Volg die skakel vir die amptelike posbeskrywing: https://shorturl.at/AchIh

💖 Valentynsdag by Huis Aristea 💖Liefde was beslis in die lug by Huis Aristea gister! 🌹 Ons inwoners het hul harte en kre...
15/02/2025

💖 Valentynsdag by Huis Aristea 💖
Liefde was beslis in die lug by Huis Aristea gister! 🌹 Ons inwoners het hul harte en kreatiwiteit ingesit vir ’n pragtige tafeldekor-kompetisie, en die eetsaal was gevul met rooi en ’n vrolike, liefdevolle gees!

Baie geluk aan ons wenners van die tafeldekor-kompetisie:
🏆 1ste plek: Patricia, Mara, Patsy en Yvonne
🥈 2de plek: Elsabe, Hester en Monica
🥉 3de plek: Louws en Bezuidenhouts

Baie dankie aan Elize en die Feedem -span wat ons bederf het met heerlike kos, pragtige plekmatjies wat in ’n briefie-koevertjie ontvou het, én die mooi dekor by die eetsaal se ingang wat almal verwelkom het. Jou beplanning en moeite word opreg waardeer!
’n Spesiale dankie ook aan Sr Ann, ons beoordelaar, wat gehelp het om die wenners te kies, en aan Monice, ons bestuurder, vir die pragtige pryse wat die wenners ontvang het!

Ons het ’n paar inwoners gevra: Wat dra by tot ’n lang en liefdevolle huwelik?
💬 "Dra mekaar in goeie en slegte tye, lag saam, bid saam, werk saam." – SW & Andrina Burger
💬 "Deur die Here se genade en hare op ons tande." – Ponté & Elize van Zyl
💬 "God is al 52 jaar lank die hoof van ons huis – met liefde, respek en ondersteuning deur alles." – Robert & Diane Bougard
💬 "Op die ou end is dit maar uithou en mondhou🤣 … en 'n goeie sin vir humor help baie!" – Jan & Christine Smit

Ons hoop almal het hul liefdesdag geniet. 💕 "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het." - 1 Joh 4:19

HUIS ARISTEA TREK 'N NUWE BAADJIE 🧥 AAN.Ons het op 3 Februarie afgeskop met   by Huis Aristea  Durbanville , 'n program ...
15/02/2025

HUIS ARISTEA TREK 'N NUWE BAADJIE 🧥 AAN.
Ons het op 3 Februarie afgeskop met by Huis Aristea Durbanville , 'n program van Badisa . Baie dankie aan Durbanville Gemeente en Durbanville-Bergsig Kerk - Sy ligdraers vir die donasies/skenkings vir verf, asook Mica Hardware Durbanville vir spesiale diens, hulp en raad met die projek. Loer gerus in as jy verby ry en kom kyk hoe ons vorder. Kom wees deel en sien saam met ons uit na die eindproduk. Ons wil graag spiekeries lyk en spog met ons nuwe baadjie in die sensoriese tuin wanneer ons ons 50ste verjaardag vier in April vanjaar - alles om ons inwoners se verblyf by Huis Aristea ekstra spesiaal te maak - kyk uit vir meer inligting oor al die feesvieringe wat voorlê.

🎶 Liedjies, Lag en Bingo Pret!Die eerste samesang van 2025 het ons siekeboeg en gange gevul met musiek en vreugde! Ons i...
12/02/2025

🎶 Liedjies, Lag en Bingo Pret!
Die eerste samesang van 2025 het ons siekeboeg en gange gevul met musiek en vreugde! Ons inwoners het soos altyd uit volle bors saam met Sonia gesing – van Do Re Mi tot die tydlose treffers van ouds soos “My Bonnie”. Dit bly ‘n weeklikse hoogtepunt waarna almal uitsien en die glimlagte is prysloos!

En dis nie al nie… die Bingo-wieletjie het ook weer begin draai en sorg altyd vir groot opwinding en pret. Wenners het met trots hul pryse ontvang en die gesellige atmosfeer is aansteeklik.
‘n GROOT dankie aan Oom Vernon en Tannie Wilna vir hul hulp om hierdie spesiale oomblikke nóg meer spesiaal te maak!

🔗Hou gerus ons blad dop vir nog opwindende gebeure, https://www.facebook.com/HuisAristea

🎉 50 Years of Care & Compassion! 🎉Huis Aristea is celebrating 50 years of love, care, and compassion! Join us for a year...
11/02/2025

🎉 50 Years of Care & Compassion! 🎉
Huis Aristea is celebrating 50 years of love, care, and compassion! Join us for a year filled with special events and celebrations.
📢 Stay Connected with the Official Huis Aristea Pages!
To be part of the festivities and stay updated, follow our official pages:
• Facebook, Instagram, LinkedIn & YouTube:
• Website: www.aristea.org.za

⚠️ Important Reminder: If you don’t see it on our official pages, then it’s not a Huis Aristea initiative. Please ensure your enquiries and donations go to the correct platform. Look out for the Huis Aristea logo, the Badisa logo, and our official branding to confirm you’re engaging with our legitimate communications. If you're unsure, feel free to contact us at [email protected] or 021 976 3166.

We look forward to connecting with you!

Het jy geweet? Elke maand hou Huis Aristea ‘n klereverkoping – die perfekte plek om te “browse vir ‘n bargain”! Te danke...
11/02/2025

Het jy geweet?
Elke maand hou Huis Aristea ‘n klereverkoping – die perfekte plek om te “browse vir ‘n bargain”! Te danke aan ons wonderlike gemeenskap se donasies. Hierdie verkope maak ‘n verskil op soveel vlakke:
🔹 Eerstens help ons inwoners wat dit die nodigste het.
🔹 Daarna kry ons inwoners en personeel die kans om inkopies te doen.
🔹 Laastens skenk ons die oorblywende klere aan ander NPO’s, wat nóg mense in nood bereik.

Hierdie inisiatief bevorder nie net herwinning nie, maar is ook ‘n belangrike fondsinsamelingsprojek wat help om ons dienste volhoubaar te hou. Meer skenkings/donasies vir goeie tweedehandse klere sal waardeer word. Lewer gerus af by Huis Aristea weeksdae tussen 8vm en 4nm.
🙏 ‘n GROOT dankie aan die Leefreg-span wat met toewyding elke maand hierdie verkope moontlik maak!

Hoërskool Durbanville , Durbanville Gemeente , Badisa Huis Aristea Laerskool Durbanville Primary Durbanville-Bergsig Ker...
04/02/2025

Hoërskool Durbanville , Durbanville Gemeente , Badisa Huis Aristea Laerskool Durbanville Primary Durbanville-Bergsig Kerk - Sy ligdraers Voorbereidingskool Durbanville Preparatory School

Gee en Spaar – Maak ‘n Verskil!Het jy geweet dat jou skenking aan Huis Aristea nie net ‘n wesenlike verskil maak in die ...
30/01/2025

Gee en Spaar – Maak ‘n Verskil!
Het jy geweet dat jou skenking aan Huis Aristea nie net ‘n wesenlike verskil maak in die lewens van ons inwoners nie, maar ook vir jou gunstige belastingvoordele inhou?
Huis Aristea bied sorg en verblyf aan 155 ouer persone en dien al die gemeenskap vir 50 jaar! Huis Aristea is ‘n program van Badisa, ‘n geregistreerde openbare Welsyn- en nie-winsgewende organisasie. Dit beteken dat jou skenking belastingaftrekbaar is, dus ‘n wen-wen situasie vir jouself en Huis Aristea. Maak ‘n donasie/skenking en kry ‘n Artikel 18A en kry so die voordeel op belasting by SARS.

Jou skenking help ons om:
✅ Volhoubare dienslewering aan ons bejaarde inwoners te bied;
✅ Die tehuis ‘n tuiste te maak wat mooi, leefbaar en aantreklik is vir voornemende aansoekers;
✅ ‘n Omgewing van liefde en ondersteuning te skep waar ouer persone met waardigheid kan leef.

Dis maklik om te gee!
1️⃣ Skenk ‘n donasie aan Huis Aristea en stuur jou bewys van betaling aan [email protected]
2️⃣ Ontvang jou Artikel 18A-sertifikaat
3️⃣ Dien jou belastingopgawe in en geniet die voordeel

💳 Skenk vandag nog:
Huis Aristea
Current Account: 141 0400 134
Bank: Absa Durbanville
Verwysing: Naam & Tax
Of gebruik ons Yoco-skakel: https://pay.yoco.com/huis-aristea

Huis Aristea is ‘n program van Badisa (NPO 011-891 en PBO 930 006 348).
🌐 Besoek ons webwerf vir meer inligting: https://aristea.org.za/
Skenk voor 28 Februarie en benut hierdie belastingvoordeel – terwyl jy ‘n wesenlike verskil maak!

Dit was ‘n groot voorreg om die span van Engo Free State, insluitend De Wet Claassens – CEO/HUB, Coenie Taljaard, Rika W...
29/01/2025

Dit was ‘n groot voorreg om die span van Engo Free State, insluitend De Wet Claassens – CEO/HUB, Coenie Taljaard, Rika Wolmarans, Madelein Nortjé en Christa Marees, by Huis Aristea te verwelkom! Hulle het spesiaal van Bloemfontein af gereis om verskeie Badisa-programme te besoek en met ons te netwerk.

Engo is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringswelsynsorganisasie wat hoofsaaklik in die Vrystaat werk. Hulle bied versorging en berading aan kinders, gesinne, bejaardes, gestremdes en pasiënte in nood. Hoewel Engo formeel in 1967 gestig is, bedien hulle die gemeenskap reeds vir langer as 100 jaar. Hulle is die tweede grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in Suid-Afrika en die grootste in die Vrystaat. Jaarliks raak hulle die lewens van ongeveer 200 000 mense en streef daarna om ‘n verskil te maak oor alle rasse, kulture en ouderdomme heen.

Ons het dit baie geniet om ons werk by Badisa en Huis Aristea met julle te deel en om te hoor van die ongelooflike werk wat julle doen. Dankie, Engo, vir julle kuier en vir die verskil wat julle maak!

Saam maak ons ‘n verskil in die pragtige land van ons.

Queen Café is meer as net koffie en koek – dis waar geliefdes ontmoet en vriendskappe gesmee word!Alhoewel Queen Café ne...
28/01/2025

Queen Café is meer as net koffie en koek – dis waar geliefdes ontmoet en vriendskappe gesmee word!
Alhoewel Queen Café net oop is op 'n Vrydag, is die spesiale oomblikke wat daar plaasvind, prysloos met ewigheidswaarde. Ons sien hoe ou kennisse opvang met mekaar, man en vrou elke week saam kuier, familielede wat 'n paar siekeboeg-inwoners kom bederf, en selfs kleinkinders en kinders wat hul moeder bederf. Wat verlede Vrydag so spesiaal gemaak het is dat ‘n mede-Badisa-program, Huis De Kuilen, 'n besoek afgelê het en sommer 'n produktiewe "brainstorm" sessie gehou het terwyl hulle lekker saam gekuier het by ons.

'n Spesiale dankie aan ons drie toegewyde inwoners (Elize, Ponté en Elsabé) wat elke week hard werk om hierdie geleenthede spesiaal te maak en almal gelukkig te hou.

Queen Café is 'n plek van saamwees, opvang en goeie tye oor 'n lekker koppie koffie/tee met heerlike lekkernye. Dankie aan almal wat ons gereeld ondersteun en wat hierdie spesiale oomblikke ekstra lekker en onvergeetlik maak. Ons waardeer julle ondersteuning.

Indien jy nog nie by Huis Aristea se “in-house” koffiewinkel was nie, nooi ons jou spesiaal uit om ‘n Vrydag van jou keuse te kom saam kuier en te kom kyk hoe dit hier lyk, wat ons doen en hoe ‘n spesiale klomp mense ons bymekaar is. Jy sal nie spyt wees of teleurgesteld huistoe gaan nie.

Maak Vandag ʼn Verskil ☀️In hierdie intense somerhitte, waar temperature in Durbanville styg, het ons onderste vloer se y...
25/01/2025

Maak Vandag ʼn Verskil ☀️
In hierdie intense somerhitte, waar temperature in Durbanville styg, het ons onderste vloer se yskas ongelukkig die gees gegee!

Staan daar dalk 'n yskas in jou motorhuis wat jy nie meer gebruik nie? Ons kan jou help om daarvan ontslae te raak deur dit te skenk aan Huis Aristea.

Hierdie yskas is van groot belang om koue drinkgoed vir ons geliefde inwoners te berg en hul dae in die hitte draagliker te maak.

Kan jy help? Ons benodig dringend ʼn yskas – of dit nou ʼn donasie van ʼn tweedehandse een is of ʼn finansiële bydrae om ʼn nuwe een aan te skaf.

Onthou, dis belastingseisoen!
Met ʼn Artikel 18A-sertifikaat kan jy spaar op belasting as jy finansieël bydra voor 28 Februarie 2025.

Wil jy ʼn finansiële bydrae maak?
Huis Aristea: Current Account
No.: 141 0400 134
Absa Durbanville
Verwysing: Naam & Yskas
Of gebruik ons Yoco-skakel: https://pay.yoco.com/huis-aristea

📞 Navrae: [email protected] / 021 976 3166

Saam maak ons ʼn verskil.

Moeg van in die warm huis sit? Of dalk by die kinders se atletiek en wil vinnig wegglip vir koffie en koek? Kom kuier ne...
24/01/2025

Moeg van in die warm huis sit? Of dalk by die kinders se atletiek en wil vinnig wegglip vir koffie en koek? Kom kuier net nou by ons Queen Café!

Op die spyskaart: Yskaskaaskoek, Vrugterolkoek, Bar-One koek, en Quiche.
Geniet enige van hierdie lekkernye saam met koffie of tee vir net R50. Kom uit, bederf jouself en ondersteun terselfdertyd vir Huis Aristea. Alles vir ‘n goeie doel!

📍 Huis Aristea, Queenstraat 5, Durbanville
🕙 10h00 – 12h00

Address

5 Queen Street
Durbanville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Aristea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Huis Aristea:

Videos

Share