
17/02/2025
Charlie is 'n besige mannetjie. Sy speelgoed en sussie is sy beste maatjies. Hy het onlangs water ontdek en van daar af was dit verby😂. Ek moes vir hulle 'n water dispenser gaan koop, want Charlie het al hulle drinkwater uitgespeel. Hy is ongelooflik liefdevol en gesels graag as hy voel ek het te lanklaas liefde gegee. Hy gaan die afgelope 4 weke puppy skool toe. Sterstudent!