Ons het vandag die Nedbank Local Hero Program afgesluit by Skaapskraal in Hoogekraal!
Almal daar het die afgelope 6 maande baie hard gewerk ... vragte rommel is weggery, draadheinings is gespan, groentetuine is gemaak! Die kinders het 'n swaai gekry ... beslis die hoogtepunt van die projek! Vandag is daar 'n bankie gebou vir die mense om op te sit en 'n boom geplant vir koelte! Al die diere - honde, katte, hoenders, perde en varke - het iets gekry om te eet en van hulle is ontwurm en behandel teen bosluise!
Die dag is afgesluit met 'n worsbraai en elkeen het ook 'n koeldrank, 'n vrug en 'n suigstokkie gekry!
Dankie aan ALMAL wat bygedra het tot die projek se sukses:
Nedbank wat die fondse beskikbaar gestel het om alles aan te koop.
Pienaar Kloppers wat die reuse bydrae van Nedbank bewerkstellig het!
CAWS 4 PAWS vir die droë honde- en katkos wat uitgegee is.
Die Hoender Plaas vir die pet's mince.
Ronel Augustyn vir die rys.
Ulrike Kloppers vir die pragtige video wat jy van vandag se aktiwiteite gemaak het!
#Nedbank
#BeTheDifference