14/03/2024
My naam is Voël.. partykeer die Fokken Voël..
Ek is nou 8jr oud. Die is my 6de huis in my 8jr.
Ek onthou my eerste 2jr van my lewe asof dit gister was, want dit is al wat my nog aan die lewe laat klou in die Hoop my Mamma kom haal my eendag.
Ek en Mamma was onafskeidbaar. Ek en Mamma het saam gespeel, saam gelag en syt vir my die lekkerste kos gemaak.
Ek het saam haar gaan “shop” en kon my eie vrugte en groente kies vir die week.
Ook sou Mamma my bederf met lekker neute en elke Saterdag was ons cheat dag. Dan het ek saam Mamma lekker kaas-krulle geëet. Sommer 3 op ñ slag. Ek mag ook vry in die huis geloop het, en elke end van die maand het Mamma huistoe gekom met ñ nuwe speelding.
Mamma het gesê “Elke Prins verdien ñ geskenkie as hulle so soet is soos ek”.
Eendag het Mamma nie huis toe gekom. Ek het gehoor sy is siek en ek moet by haar vriendin gaan bly vir ñ week.
Daai week het ñ jaar geword.
Een jaar wat ek net gesit en wag het vir Mamma. Mamma het my nooit kom haal.
Mamma was weg.
Ek is vergeet in ñ hoek.. ek moes leer swart sade eet wat my baie naar gemaak het. Die bruin boontjies het na Muf geruik, maar ek moes eet of sterf van die honger.
So het ek begin swerf.
Almal wou altyd net weet “Kan hy praat?”of “Byt hy?” ..
Ek moes met tye al die besoekers entertain met my sê goed dan het almal gese “oo ons soek ook so ñ papegaai”..
Ander tye is daar op my gegil om my bek tehou, en is gegooi met skoene.
My hok wat eens ñ paleis was, is veruil vir ñ piepklein geroerste hokkie. Ek was “sentenced to life imprisonment vir ñ crime what I didn’t commit”
Ek het my stokke gekou uit verveeldheid en daar is geskel op my. Daar is ñ stuk staal in my hok gedruk en dit het my voete bloed blase geskaaf.
Ek was vergeet buite, in hitte en koue.
Dae sonder water en as ek water gekry het was dit vol slyk.
Ek het nie meer geweet wat is ñ skoon hokkie nie en is besig om in my poef-dampe teversmoor.
Vandag is ek na my 8ste huis.
Klaar word ek met stokke geslaan deur die tralies. Ek word getart. Ek het moeg geword en die kind gegryp en gebyt.
Die Ma het my teen my kop so hard geklap dat dit gevoel het my ogies peul uit.
Ek voel siek.
Ek sukkel om asem tekry.
Die rook van die man laat my borsie brand.
Ek wil nie meer lewe nie.
Ek is gevonnis vir ñ Straf waar ek onskuldig is.
Al wat ek wou hê is jou liefde.
Jy het liefde gemeet aan kostes, en werk.
Ek wil jou nie regtig byt nie, maar ek kan nie meer ñ mense hand vertrou nie.
Ek is vreesbevange en sku.
Ek pluk my vere want ek is siek.
Ek is besig om dood tegaan.. ek bid vir God en vra Hom asb God, kom haal my..
Ek kan nie meer baklei.
Ek het nie meer die krag.
Stadig is ek gevonnis vir ñ martelende Dood..
~ Ilse Meyer