Jurust S.A Boerperd stud

Jurust S.A Boerperd stud Jurust Stud
Horses with HEARTS... as big as the WORLD JURUST S.A. Snel is

gebruik tot 1947 toe hy aan perdesiekte dood is. Daarna gebruik ek Hector No.2.

BOERPERDE SE GESKIEDENIS



My oupa, wyle J.J.Uys (Koos Rooikoppe) van die plaas Roodekoppen, Bloedrivier Natal,

was 'n teler van boerperde wat ry en tuigperd eienskappe besit het. Hierdie perde het pal in die

Skurweberge op die plaas Weltevreden (Bloedrevierpoort) in die Utrecht distrik geloop.ln die

somer bo op die berge en in die winter in die klowe. Derhalwe is hierdie perde deur die natuu

r

geselekteer tot besonder geharde perde, met sterk hoewe en bene, en uitstekende konstitusie. In 1935 het my oupa 'n donkerbruingeelbek hingsperd met die naam Snel gebrand 42 en

geteel deur wyle Albert van Niekerk van Groenvlei, Wakkerstroom onder sy merries gesit. Daarna is'n vul van Snel by'n kleindogter van hom met die naam Hector No 1 as hings

gebruik. ln 1953 is my Oupa oorlede en neem my Vader die perdeboerdery oor. Hector No1 het my vader gebruik tot 1957 toe hy deur weerlig gedood is. Daarna, in die selfde

jaar op Vryheid Landboutentoonstelling het my vader die swart hingsperd, Bismark aangekoop. Bismark was wyle Mnr Piet Smuts van Wakkerstroom, die skoonseun van wyle Albert van

Niekerk se hings wat hy vir homself uitgehou het. Hierdie Bismark was ook 'n suiwer A2 perd. Bismark het ek gebruik tot 1969 toe hy as gevolg van 'n heupbesering vankant gemaak moes

word. ln 1969 neem ek die perdeboerdery by my vader oor. Hector No.2 is 'n vul van Bismark by sy eie dogter. Hierdie swartwitvoet hingsperd met 'n kol voor die kop, het by die merries geloop tot 1981. In 1976 gaan soek ek twee hingsvullens uit by wyle oom Willem Cloete van Molteno

nl.Cloeteggo Fleur uit die Bismark lyn wat ek gebruik van 1981 tot 1986, en Cloeteggo Grootman

uit die Eggo lyn wat ek gebruik van1987 tot 1988 op al die merries (in totaal ongeveer 60) in die

berge. Hierdie twee ingeteelde hingste uit die Cloete Lyn gekruis met my eie ingeteelde A2 lyn

het dadelik temprament, rygemak, natuurlike vyfgang en grote by my perde ingebring

ln die vroeg 1980's, met die totstandkoming van die Hitoriese Boerperdtelersgenootskap

sluit ek aan met ongeveer 20 van die beste merries. Uit'n besonderse merrie nl. Jurust Vicy, teel ek uit Cloeteggo Fleur, Jurust Banket no1

en uit Cloeteggo Grootman, Jurust Bismark wat ek albei met sukses gebruik het op hulle

halfsusters en tannies tussen die jare 1987 en 1998. Streng seleksie word deurgans toegepas. ln 1996 koop ek Carel Hancke Verwoerd wat ek gebruik vanaf 1999 tot 2003 met die doel

om eienskappe waarmee ek nie tevrede was in my perde nie te verbeter. Ek behou slegs van

die merrievullens vir verdere teling,weer met seuns van Banket 1 nl.Jurust Toy-Toy (Banket 1 x

sy Tannie) vanaf 2003 en Jurust Banket no.2 (Banket 1 x sy Halfsuster) vanaf 2004. Hierdie

lynteling lewer uitstekende resultate. Vanaf 1997 gebruik ek ook'n seun van Banket no.1 x sy .tannie, wat ek tydens die SA Boerperd Prestigeveiling

Address


Telephone

+27659971844

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jurust S.A Boerperd stud posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share