29/06/2024
VRYSTAAT LANDBOUPRODUKTE 27/1/92-27/6/24
Erens in die Julie vakansie van my eerste jaar in 1987 het ek by Top Landbouprodukte by Oom Jurie Wessels begin werk net na hy die besigheid oopgemaak het.Dit was na ek vir n paar dae by Botshabelo Mout gewerk het waar hy n vennoot was.Vir 5 jaar het ek by hom gewerk as student op Saterdae en later meer deeltyds.Hy het my ALLES geleer wat ek van Landbou af geweet het in daai tyd.Aan die einde van my vyfde jaar het ek die voorreg gehad om die besigheid by hom oor te neem.
27 Januarie 1992 het ek Vrystaat Landbouprodukte se deure geopen.Die volgende meer as 32 jaar was dit elke dag waar my oggend begin het. In die tyd het ons verskillende fokuspunte gehad waar ons n lewe uit gemaak het. Baie algemeen weggespring maar van rondom 2000 dag en nag gewerk toe ons met African Milling baie Mieliemeel gemaak het.In 2006 het ons begin Veevoere maak en totdat die Suiwelbedryf dondom Bloemfontein in duie gestort het was die meeste kleiner melkerye ons kliente. Ons het in daardie tyd sterk op hondekos gefokus totdat n verskaffer droog gemaak het en ons baie besigheid verloor het. Van daar af het ons n verskeidenheid van Veevoere gedoen en die laaste paar jare op lekke gefokus. Ek het GEEN kwalifikasie in die Veevoerbedryf nie behalwe n QBE en dit was vir my lekker om m ense te help en na bestuurs probleme te kyk.
Oor die afgelope jare het daar BAIE goeie mense saam met my gewerk. My vrou het van voor ons troue al by my gewerk en my oudste seun sedert skooldae.
Die afgelop tyd het daar BAIE van my voorraad weggeraak en Sondagnag het hulle by my ingebreek. Maandagoggend was ek op breekpunt en ek het besluit om my deure te sluit.
Ek wil net BAIE DANKIE se vir elke verskaffer,klient en werknemer oor hierdie tyd. Ek gaan julle mis.
Ek HET BAIE GOED GEHOU maar gisteroggend ge "crack" en soos n baba in my kantoor gesit en huil .......sommer oor ALLES...
Baie Dankie vir ALMAL se bydrae in my en my gesin se lewens die afgelope 32 jaar maar bowenal BAIE DANKIE AAN DIE HERE vir SY genade en die krag en wilskrag veral die afgelope paar jaar toe my gesondheid meer agter uit gegaan het.....
LAAT WAAI !!! GOOI KOLE!!! KAP VAS!!!
QOU VADIS??? Ek weet nie...
OUR GOD IS AN AWESOME GOD