Nola's Schnauzer Lodge

Nola's Schnauzer Lodge Nola’s Schnauzer Lodge
CLOSED FOR NOW
Sleepovers Daycare
Weekends Holidays
Puppies older than 12 weeks We offer a home-away-from-home experience.

Nola’s Schnauzer Lodge

🐾I am a Schnauzer mom and I pour my heart and soul into my Schnauzer Lodge 🐾

Take a Vacation with peace of mind while your dogs visit my Schnauzer Lodge. Dogs play in the garden, lie on the couches if they want to and sleep inside the house at night. No cages or pens, they are free to enjoy themselves as if at their own home. Your doggies can expect

ꙮ Personal inter

action in a
homely environment
ꙮ Emotional stimulation
and Play
ꙮ Large garden to frolic
in
ꙮ Tons of love for every
Doggie

Sterilized, socialized, fully inoculated and dewormed Mini Schnauzers welcome. All dogs need to be socialised so that they have a safe and secure visit. These requirements ensure that all animals are able to maintain and develop a stable immune system while in a communal dog environment.

🐾Take your well deserved break with peace of mind as they are under constant supervision🐾








Nola 0829778115
[email protected]
WierdaparkX2
Centurion
Pretoria

https://www.facebook.com/profile.php?id=100063491083329

Week 7 RiyadhRedelike stil week hier vir my by ons huisie, nie veel uit gewees hierdie week nie.Ons koop 'n ander bed by...
06/02/2025

Week 7 Riyadh
Redelike stil week hier vir my by ons huisie, nie veel uit gewees hierdie week nie.
Ons koop 'n ander bed by mense wat trek want ons bed is nie stabiel nie en raas so ons nagrus word belemmer.
Dit is' n Ikea bed wat goed stewig is en sommer laaie onder ook het vir pak plek. Die Seder Village manne trek dit vir ons van die ander mense se huis na ons huis en kom sit dit weer aanmekaar hier.
Sommer lekker vinnig.

Dis naweek en ons besluit om beskuit te bak. Groot missie gewees om eers al die bestandele te kry wat so na as moontlik aan SA produkte is.
Dit is heel suksesvol en Jan het beskuit vir 'n rukkie😊
Ook tyd vir die boontjie en Baby marrow saailinge om in die grond te kom en Jan geniet die tuin en in die grond woeker, nou moet hul vinnig groei want die somer is op pad 😅

Ons Salaam tuinier is terug van Makkah en kom spuit en werk in die tuin asof hy 'n week weg was 😂Hy vertel vir my ons moet die Eiervrugte pluk want hulle is ryp en hy het reeds sy deel geneem, wat 'n karakter!
Wens net ons kon mekaar beter verstaan want hy praat miskien 10 woorde engels en met erg Bangladeshi aksent so ons moet maar baie aflei wat hy bedoel. Maar hy geniet sy werk ongelooflik baie en sy gesig straal sommer as hy vir my of Jan sien!

Hierdie week was deurmekaar vir Jan ook want sommige dae gaan hy eers weermag basis toe voor werk en dan ander dae weer direk werk toe so dis kophou.
Hy kry darem 'n geleentheid om na werk 'n scooter te kan ry tot naby die stasie.
Dis pret!
Ons d**k sterk daaraan om vir ons scooters te koop vir hier in die compound want met die somer hitte gaan stap winkel of swembad toe 'n groot uitdaging wees.

Ek begin my bloedsuiker weer bietjie monitor om seker te maak ek is nog op die regte pad hier en ek doen gelukkig heel goed. My suiker bly onder 7 wat heel aanvaarbaar is. Dis maar groot aanpassing om weer al die regte produkte te identifiseer wat nie my suiker telling opstoot nie.
Vars groente, vrugte, vleis en niks of baie min koolhidrate. 👌

Dis 'n verlang week vir my en onrustigheid lê op my hart, seker maar normaal om so nou en dan huis toe te verlang ne.
Volgende week weer beter!
Tuis gaan dit ook mos maar so!
Mooi week vir julle almal.
Van ons 2 hier uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

Stevie 0825660919Wierdapark🐾Doggie Chews🐾Chew sticks are a tasty, single ingredient treat and highly digestible! Chew st...
03/02/2025

Stevie 0825660919
Wierdapark
🐾Doggie Chews🐾
Chew sticks are a tasty, single ingredient treat and highly digestible!
Chew sticks are made from high-protein beef muscle which helps maintain clean teeth, a healthy coat, strong muscles and optimal brain function.
*Safe, Natural product with nutrinional value
Salt and additive free
*100% Natural pure Beef protein
*100% Digestible - Not like bones and rawhide that does not digest and can obstruct the digestive canal.
*No preservatives or additives - Salt free
*Rich in Taurine- which promotes heart muscle health and eyesight
* Very low in fat
* Helps maintain clean teeth because they enjoy chewing on it so long
*For all breeds, all sizes and all ages. All can benefit from the product while satisfying their instinct to chew
*It assists puppies in their teething phase and develops strong jaw muscles, keeping them occupied to leave your slippers alone😁
*Help curbs boredom
*Calms and soothes through endorphins that are released through chewing
*High in protein with natural source of glucosamine and chondroitin

Your Doggies will Thank You!
Small R7. 00 each
Large R14. 50 each
Wierdapark area

I can courier via Pudo anywhere in South Africa!

Best Doggie Chews
31/01/2025

Best Doggie Chews

30/01/2025

Week 6 in Riyadh
Helo julle!
Net so is nog 'n week verby!
En watse week was dit nie gewees nie!
Sjoe!
Kyk Donderdae hier is soos Vrydag in SA.
Mens het daai lekker "Heerlik dis naweek" gevoel wanneer jy wakker word!
Kyk dis nou nie asof ons, wel meer Jan,😁 hier laat slaap en rustig die dag invaar nie.
NEE
Rondom 4h45 is dit opstaan en klaar maak vir werk vir hom, ek mag nog inlê🤭, dan Uber Metro stasie toe, soms ry hy saam met 'n kollega tot by die stasie, ry +- so 3kwart uur met die trein, dan stuk bus en dan stap laaste ent kantoor toe. Vanmiddag weer dieselfde roete terug en stap hy baie selde voor 18h hier in!
So dis vol dae!
Terug by die week se dinge.

Gewoonlik doen ons Donderdag aand so bietjie beplanning van wat ons die volgende 2 dae gaan/wil doen.
Hierdie naweek het dit glad nie uitgewerk nie.
Jan kom Donderdag tuis en sê jammer liefie maar ons braai more-aand by die baas! Ok, dis nice, braai is altyd lekker en ek geniet dit om sy kollegas te ontmoet en so bietjie sy wêreld te leer ken, no worries!
MAAR
Liefie die Sjeik het ons genooi vir Saterdag Middagete 😅
Ja julle lees reg, Sjeik!
Ok liefie, dis reg want ek is baie dankbaar ek kan die Sjeik uiteindelik ook ontmoet want Jan het al so baie van hom vertel die laaste jaar plus.
Braai by die baas was toe baie gesellig! Gewapen met 'n aartappelslaai, ja dis wat mens saamneem en my beste este voetjie voor, stap ons oor na die baas se huis.
Soveel manne van verskillende lande en nasies bymekaar het ek nog NOOIT beleef nie!
O ja, en ons was net 2 dames teen 10 manne, maar ons het sterk gestaan!
Lande verteenwoordig
Suid Afrika - 5
België - 1
Kosova - 2
Frankryk - 2
Amerika - 1
Brittanje - 1
Die baas se vrou is van Rusland maar sy en hul seuntjie was nie daar nie.
Dan was daar nog die baas se 2 Golden Retrievers ook! 🐾🐾💞
Goeie mengelmoes.
Suksesvolle aand met bande gesmee.
Ook goed so want Saterdag is dit dieselfde bende wat by Sjeik gaan kuier en middagete eet op een van sy plase buite Riyadh.
Daardie trippie het ek vroeër die week gedeel en was regtig baie interressant om te beleef.
Ons was wel BAIE dankbaar om ons huisie te betree rondom 17h om so bietjie af te skakel voor die nuwe week weer begin.
Sondag hier is begin van nuwe werksweek hier en na werk is dit videocall tyd met die kinders en ons poppelief want die volgende dag is moeilik want daar word nog 'n kindjie gebore!
Ja ons oudstes kry hul seuntjie vroeg Maandag oggend!
Geseënd met gesonde welgeskape kindjie🙏👶
Glad nie lekker om so ver te wees met hierdie belewenis nie maar ons gaan hom en hulle erg cuddle wanneer ons gaan kuier, defnitief.
Die res van die week was darem rustiger alhoewel ek nou al hoe makker word om met die bus te ry so Ikea en Hyper Panda is ook besoek. 😉
Dinsdag is goeie dag want hulle kom lewer my Iqama, verblyfspermit, by my by die huis af 👌Ek is nou offisieël in Saudi Arabië! 🎉
Ons eet Dinsdagaand saam met egpaar wat ons hier ontmoet het, is nou half instelling😉, en vier sommer my Iqama en Nua se geboorte ook. 👏🥳
Tans sit ek en wag vir ons ander bed wat ons by egpaar gekoop het wat die compound verlaat. Die Seder manne bring dit van hul huis na ons huis, ingesluit as diens vir ons inwoners.
Dis Ikea bed so heeltemal uitmekaar haal en dan weer hier aan mekaar kom skroef. Meer werk as wat hulle verwag het d**k ek, maar ek is super dankbaar vir hulle hulp 👏
Alleen sou ek en Jan gesukkel het.
Regtig baie lekker ontspanne plek om te woon en die diens is uit staande! Jy moet nie d**k jy kan gou nog stort vang voor hul kom nie hoor! Jy meld nou iets aan en binne 10 minute staan hul voor jou deur 👏
Liefie het goed gedoen met ons huisie en blyplek.
Mag ons hierdie naweek asb net so bietjie asem kan skep en afskakel.🤞🤭
Mooi week vir julle almal!
Liefde Van my en Jan hier ver in Riyadh, Saudi Arabië 💖

Uitstappie na Ikea en Hyper  Panda winkels vanmore.
28/01/2025

Uitstappie na Ikea en Hyper Panda winkels vanmore.

Dhurma ProvinceRiyadh
25/01/2025

Dhurma Province
Riyadh

Still the same great Chews just got someone very special to help me with the logistcs🐾Nola's Doggie Chews🐾*Safe, Natural...
23/01/2025

Still the same great Chews just got someone very special to help me with the logistcs
🐾Nola's Doggie Chews🐾

*Safe, Natural product with nutrinional value
Salt and additive free
*100% Natural pure Beef protein, single ingredient
*100% Digestible - Not like bones and rawhide that does not digest and can obstruct the digestive canal.
*No preservatives or additives - Salt free
*Rich in Taurine- which promotes heart muscle health and eyesight
* Very low in fat
* Helps maintain clean teeth because they enjoy chewing on it so long
*For all breeds, all sizes and all ages. All can benefit from the product while satisfying their instinct to chew
*It assists puppies in their teething phase and develops strong jaw muscles, keeping them occupied to leave your slippers alone😁
*Help curbs boredom
*Calms and soothes through endorphins that are released through chewing
*High in protein with natural source of glucosamine and chondroitin

Your Doggies will Thank You!
Small R7. 00 each
Large R14. 50 each
Wierdapark area
Stevie
082 566 0919

I can courier via Pudo anywhere in South Africa!

https://www.facebook.com/profile.php?id=100090608455017&mibextid=ZbWKwL

23/01/2025

Week 5 in Riyadh

BESTE NUUS VAN DIE WEEK!

Ek het my Iqama gekry!
MashAllah !
Soos een van die rolspelers wat Jan deur die proses gehelp het dadelik gesê het!

MashAllah is an Arabic word where “Ma” means “What”, “Sha” means “To will” and “Allah” means “God”. So the literal meaning of MashAllah is “God has willed it”, “what God has willed has happened” or “it is what God willed”.

My verblyfspermit is goedgekeur en ek is nou offisieël in Saudi Arabië!
Soos Jan sê ek mag nou my kop by die deur uitsteek😁
Hulle lewer my ID kaart by my af binne die volgende 3dae🎉

Dit was 'n week van klomp verjaarsdae in SA m.a.w heelwat oproepe en lekker lang gesprekke! ❤️
Heerlik dat die tegnologie ons toelaat om nogsteeds naby genoeg aan ons geliefdes te leef, mens koester dit, BAIE!

Ek sou baie graag vir 'n spesiale verjaarsdag in SA sou wees want baie goeie vriendin van my van meer as 30 jaar, het 60 geword!
Happy Bday liewe vriendin Elize🥳

Diè week het ons bietjie tyd spandeer aan huis dinge soos ons gratis stoeltjies af te skuur en 'n vernis lagie te gee. Jan het ook paar dinge teen die muur gesit wat ons aangeskaf het soos hakie rak vir ons baadjies naby die voordeur ens. Stadig maar seker word dit meer tuiste hier.

Ons plante begin blom en Jan se saailinge begin by oorplant fase kom, veral die groenboontjies maar die murgpampoentjies steek bietjie lui weg😅
Ons moet wel by Salaam vra vir plekkie om alles te plant want waar daar g*t is plant hy iets!
Ek het juis vir paar etes Mousaka gemaak van Salaam se GROOT eiervrugte!
Heerlik gewees!
Dankie vriendin Bertha vir die baie lekker resep!👌

Ons het ook ons Saterdag, wat ook SA Saterdag is besluit om na 'n ander Supermark te gaan met die naam van Lulu.
Die eienaar van hierdie ketting groep is blykbaar 'n Indiër en daarom is dit kruie en speserye aankoop dag vir ons!
Natuurlik het ons nie net by ons lysie gehou nie en 'n hele paar uur in die winkel van 2 vloere spandeer🤭
Maar tyd is ons eie en die verkenning is goed.

My nuutste idee/poging/inisiatief is om videos vir ons poppelief Lyra op te neem waar ek stories vir haar voorlees sodat sy darem ouma se stem so nou en dan kan hoor, klink asof sy dit nogals geniet😊
Mens kan nie verduidelik hoe erg mens na so kleine mensie en lyfie kan verlang nie! 😢

My was, stryk en skoonmaak dae word ligter terwyl ek na RSG, LM of Groot FM luister en dit bring my weer so bietjie terug na SA, al is dit net in gedagte en hart! Weereens tegnologie wat dit moontlik maak en nog 'n spesiale vriendin Anè wat my van Radio Garden app vertel het waardeur mens na 100de radiostasies kan luister, ek kan selfs na paar Nederlandse stasies luister sou ek wou👏

So maak ongelooflik baie mense dit vir ons moontlik en makliker om hierdie "avontuur" te kan hê! Onmoontlik om almal te noem maar ons is ooreg dankbaar💖

Dit was 'n vol maar lekker week en ek het dit gister afgesluit met my eerste alleen trippie met die compound bussie na die Spinneys winkel wat paar SA produkte aanhou soos ek alreeds met meeste van julle gedeel het.
Groot mylpaal vir my want dit voel nog soos chaos buite die veilige mure van die compound!💪😅

Met my bank kaart en Iqama nou in plek kan ek ook Uber app laai vir wanneer ek dit moet gebruik om rond te beweeg.
Enshallah! God Willing!
In Gods time!🙏💖

My Woensdag oggend uitstappie na Spinneys winkel toe.Eerste alleen trippie met ons Seder Village bussie.Tenminste Aromat...
22/01/2025

My Woensdag oggend uitstappie na Spinneys winkel toe.
Eerste alleen trippie met ons Seder Village bussie.
Tenminste Aromat en Mrs Balls blatjang gevind daar maar Cross and Blackwell Mayo is uitverkoop!
Was goeie ervaring en my bank kaart werk🤭😁🎉

Hierdie Kittie Kat is al heel tuis by my! Sommer besluit sy kom lê op my skoot en spin🐱💞
19/01/2025

Hierdie Kittie Kat is al heel tuis by my! Sommer besluit sy kom lê op my skoot en spin🐱💞

16/01/2025

Week 4 Riyadh, Saudi Arabië

Kan dit nie glo nie, dis al 4 weke dat ek hier is!
Moet sê ek voel al baie gemakliker in my eie vel hier en is sommer al tuis met mense wat hier werk soos Ali by die Tamimi supermarkie en Opal by die restaurant ens ens. Dit voel meer na tuiste en behoort en vriendelikheid kos mos niks!

Die taal is 'n uitdaging maar met min woorde kan respek en dankbaarheid oorgedra word. Lekker as mens herken en begroet word met vriendelike glimlagte!

Hierdie week het ons nie veel self aan my Iqama gedoen nie maar dit vorder wel stelselmatig.
Jan moes weer klomp geld betaal vir my, amper soos Labola maar dit gaan regeringskaste toe😁
Alles werk op stelsels en toepassings op selfone. Jy gaan doen iets fisies by plek, soos medies en vingerafdrukke ens en dan word dit op stelsel gelaai, alles Inshallah, God Willing, maw, op hul tyd😉
Gister het Jan gehoor dat ek nou goedgekeur is op sy medies so nog 'n groot stap vorentoe! Ek vermoed komende week sal alles afgehandel word dan is ek ook wettig met verblyfspermit hier! 🥳

Ons het besluit om 'n Mikrogolf en Airfryer aan te skaf want die gesukkel om kos warm te maak in pot met water op die stoof se plaat het nie meer vreugde verskaf nie😅

Ons d**k toe kom ons ondersteun Saudi Arabië se "brands" want hul gee 2 jaar waarborg en ons is net 2 jaar hier EN dit is BAIE goedkoper as bv LG of Samsung!

Nie goeie besluit nie🤭

Ons koop sommer by winkel naby ons, so 800m vannaf die compound mure.
Dit klink baie naby ne!
Nie heeltemal so maklik nie!
Dit beteken: Kry Uber vannaf compound na die winkel toe, want daar is GEEN voetgang kruising oor die 8 bane van karre nie en ons sal dit in elk geval moes dra huistoe want ons het mos nie voertuig hier nie.
Nou ja, goed uitgekies en betaal en daar kry ons die volgende Uber terug compound toe.

Tuis gekom maak ons die Airfryer se boks oop en sien daar is 'n geweldige groot duik bo-op die masjien so nee, dié moet terug! Ons kyk na die mikrogolf en alles lyk goed en ek skil aartappels wat ek sommer in hom gaar maak om te toets of hy reg werk.
Jan kry intussen weer Uber winkel toe om die airfryer te gaan omruil!
Gelukkig het hul geen probleem gehad met omruil nie, maar weer Uber terug compound toe!
Na aartappels se tyd van kook verby is, maak ek deur oop en sien ek wraggies die buitenste "glas" is heeltemal los en trek skoon oop!
Jan weer terug by die huis is erg moedeloos want nou moet hy weer terug! Ek sê nee, ons sal more na werk gou gaan want tyd nou aangestap en ons wil tot ruste kom. Julle weet hier begin die lewe eintlik eers na 6 saans want grootste gedeelte van die jaar is dit letterlik net te warm buite ander tye! So dit is toe al laat vir eet en ontspan.

Die einde van die sage is dat ons ons geld terug gevra het vir die mikrogolf en later besluit het op 'n Black and Decker een wat darem meer bekostigbaar was, en nee, geen Saudi "brands" meer vir ons nie😅

Vandag is Donderdag so dis naweek hier vanmiddag. Hierdie naweek gaan ons dalk rustiger tuis probeer wees dat ons paar dinge hier teen die mure kan kry en bv rakkies in die badkamer opsit by die badstort😉Maar niks is in ink geskryf nie, dalk daag daar nog avonture op!
Liefde van ons huis uit Riyadh na julle almal💖

15/01/2025

Ek gaan Seder Village se bibleoteek opsoek vandag! 🤞🏻

Trip met die compound se bus na Granada Mall op Saterdag more.Carrefour is een vd groot supermarkte in Saudi Arabië.
12/01/2025

Trip met die compound se bus na Granada Mall op Saterdag more.
Carrefour is een vd groot supermarkte in Saudi Arabië.

Kittie kat raak al hoe meer tuis! 😁🐱
12/01/2025

Kittie kat raak al hoe meer tuis! 😁🐱

12/01/2025

Trippie Riyadh toe om paar hardeware dinge te koop, met die Uber, soms draai dinge anders uit as beplan en vind jy meer as waarna jy gesoek het😁
Ook by 2 winkels eers moes uit vir prayer time want Vrydag is Sondag in Saudi Arabië 🙏
Née ek het nie Donut geëet nie, want ek is mos diabeties😇

12/01/2025

Ek gaan vir stap in ons compound 😁

Hierdie staan mos toe by ons compound se winkeltjie! Hy moes saam huis toe🐾💞My Laya Lief was defnitief by my!
10/01/2025

Hierdie staan mos toe by ons compound se winkeltjie! Hy moes saam huis toe🐾💞
My Laya Lief was defnitief by my!

Dag 21Week 3 in Riyadh!Sjoe kan nie Glo dis al 3 weke dat ek hier is nie. Eintlik soveel gebeur!Hierdie week was ek meer...
09/01/2025

Dag 21
Week 3 in Riyadh!
Sjoe kan nie Glo dis al 3 weke dat ek hier is nie. Eintlik soveel gebeur!

Hierdie week was ek meer tuis want die weer is koel, eintlik koud met ysige wind en selfs bietjie reën gekry! Nou nie so baie reën soos in SA nie, klink my in sommige plekke kan daar al sprake van muf wees! 😂

Nog geen swembad weer nie, nie eers besoek aan die swembad weer hierdie laaste week nie😁
Ek het myself hierdie week maar met die normale huis take besig gebou, gelees en my hekelwerk weer opgetel. So saam met die werkery en hekel luister ek heerlik na RSG op die Internet! So klein stukkie van huis want tuis was my radio ook die hele dag daarop ingestel. Hier is die radiostasies nie verstaanbaar nie, wel ek kon nog nie iets vind wat vir my gemaklik op die oor is nie😉

Jan is erg besig by die werk en die dae is lank, van 5h soggens op en weg tot vanaand meestal eers 18h30 tuis. Hy doen nog omtrent elke dag onderhoude vir nuwe aanstellings maar die goeie aansoeke is maar "far and between" so die aanstellings is nog maar stadig. Daarmee saam gaan lê hy en kie besoeke af by basisse om die werklike stand van sake te bepaal. Tussen deur is dit my Iqama(verblyfspermit) se afhandeling wat deurgaan en waarvoor ons gisteraand strate toe is, ja 20h00 in die aand spring ons weg so 18km per Uber/Careem na die paspoort kantore toe vir elektroniese vingerafdrukke! (Hulle is wragtig tot 22h00 oop) Daar gekom word ons gesê, deur ander vriendelike kliënte in die tou, dat ons nie nodig het om dit daar te doen nie want met my aankoms hier op die lughawe het hulle dit bevestig en kan ons die res van my aansoek deur 'n "app" klaar maak na Jan BAIE geld betaal het!
Hy sal vandag hulp vra van hul HR sodat dit afgehandel kan kom.
Nog iets wat bereik is gister is dat Jan sy bestuurders lisensie gekry het! Welgedaan!
Stadig maar seker vorder ons tot algehele Saudi burgers!

Gister het ek paar goed wat ek van Temu bestel het verwag vir aflewering. Wat 'n missie!
Natuurlik is ons adres op die bestselling maar Ja, hier werk dinge anders. Hulle, aflewering en Uber en en en, werk op pin van die location. So ek word gebel, dan begin hul Arabies praat, ek sê Only English please, hulle sê Send location en dis dit! Dan stuur ek die pin en bel sekuriteit dat daar 'n aflewering gaan plaasvind. Enige persoon wat hier in kom word vergesel tot by ons huis deur sekuriteit op' n scooter 🛵
Elke dag leer ek/ons iets!
Google translate werk ook oortyd!

Vandag is Donderdag wat beteken ons naweek breek vanmiddag aan en dis Vrydag feeling hier🥳
Geen mediese toetse of ander dinge om te doen nie so ons wil weer bietjie ander shops gaan besoek, dalk met die compound bussie anders more sommer met Uber want Vrydag is mos Sondag hier dan ry die bussie nie. Ons moet soek vir mikrogolf want dis gesukkel om kos warm te maak. Mens mis mos jou manier van doen😉
So vir eers lekker naweek julle!
Geniet❤️

Address

WierdaparkX 2
Centurion
0149

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nola's Schnauzer Lodge posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nola's Schnauzer Lodge:

Videos

Share

Category