17/11/2025
⚠️DRINGENDE KENNISGEWING⚠️
Goeie more aan al ons getroue kliënte by Ceres Dierehospitaal!
Na ‘n vergadering tussen die Wes-Kaapse staatsveeatse en privaat veeartse kan ons bevestig:
‼️Die verdagte bek-en-klou-seer uitbraak in Gouda is positief bevestig.‼️
● Die plaas en 10km radius om die plaas is tans onder kwarentyn en besig om toetse te ondergaan om die radius van siekte verspreiding te bepaal.
● Die oorsprong en bestemmings van die besmette diere word ook nog verder ondersoek.
● Beweging van gekloude diere in 'n 10km radius van die besmette plaas is tans onder staatsbeheer. Geen gekloude dier sal toe gelaat word om deur die gebied te beweeg sonder ‘n Rooikruis permit nie.
● Die plase binne hierdie radius se vee sal geëent word soos bepaal volgens die Staat.
● Die entstof is tans uiters beperk en onder staatsbeheer. Slegs siek en aangetaste diere word geëent en geen elektiewe, voorkomende entings word toegelaat nie.
● Die enting genees NIE die dier van bek-en-klou-seer NIE! Dit verminder die hoeveelheid (kwantiteit) virus wat deur die dier afgeskei word in die omgewing. Die dier is steeds ‘n draer van die siekte en is steeds aansteek tot ander diere.
❓️Wat moet boere doen om bek-en-klou-seer uitbraak te verhoed❓️
1. Vermy tans ten alle koste om vee van buite die Wes-Kaap se grense aan te koop.
2. Wanneer vee gekoop word, versoek 'n veeartssertifikaat van gesondheid om te bevestig dat hulle bek-en-klou-seer vry is. Dit sou heel beste wees om ‘n inspeksie 14 dae voor die verkoops datum en op die dag van verkoop of skuif gedoen moet word. Om rede die siekte ‘n 14 dae inkubasie tyd perk het.
3. Wanneer vee verkoop word, moet regulasies gevolg word soos uiteengesit deur die departement: https://www.elsenburg.com/veterinary-services/animal-health-and-disease-control/ . Die volgende vorms sal benodig word vir beweging binne die provinsie: 1.Eienaarsverklaring, 2. Onderneming van ontvanger/koper by besteming, 3. Bekendmaking van diere beweging binne die Wes-Kaap op die “animal movement app”. Die “animal movement app” kan op die web-adres bo gevind word. Laastes word die veeartssertifikaat van gesondheid sterk aanbeveel. Hierdie vorms sal beskikbaar wees op die web-adres bo aangedui.
4. Gebruik toepaslike ontsmettingsproses vir voertuie en isolering van diere wanneer vee tussen plase oor die Wes-Kaap se grens geskuif word.
5. Raporteer enige verdagte letsels (blase op diere se tonge, tussen of om hulle kloue) aan jou privaat veearts om te inspekteer. Die privaat veearts sal dan die staatsveearts in kennis stel indien die letsels wel verdag is vir moontlike bek-en-klou-seer.
Indien u enige vrae rakende die tekens van bek-en-klou-seer of beweging van diere het, kontak gerus een van ons veeartse om dit te bespreek📞