04/11/2024
Leeukraal Kalahari is een maand oud vandag! Dit was tyd vir nuwe ervaringe so ons het begin wei in die verste weikamp. Ons het vandag vir Tiran (vaar) en Magnus ontmoet en ook besef die wêreld is baie groter as die 100m wat ons voorheen ervaar het.
Dit is absoluut ‘n seëning om op ‘n plaas te bly en met jong diere te kan werk!