Vandag vertel Oupa Johan vir ons meer oor Boston Terriers. Hierdie kleintjies is hier in die kliniek gebore met behulp van 'n keisersnee wat Dr Johan uitgevoer het. Hulle het so mooi gegroei en julle sal sien hoe oulik en pragtig is hulle.
Oupa Johan skop sommer die nuwe jaar af met 'n baie spesiale diertjie wat so eie is aan Afrika. Geniet Oupa Johan se storie vandag en ons hoop ons kan nog baie interessante diertjies aan julle bekendstel in 2025.
Oupa Johan neem hierdie week so 'n bietjie 'n ruskansie. Miskien is hy iewers in die Noordpool om takbokke te gaan soek sodat hy eendag vir julle meer daaroor kan vertel. Intussen moet julle hierdie lekker lawwe video'tjie geniet van oulike klein Scnauzer puppies en 'n Golden Retriever wat die Puppy School baie geniet. Volgende week is Oupa Johan weer op sy pos met nog baie nuwe stories
Hierdie week deel oupa Johan met ons meer oor 'n oulike klein hondjie van Duitse oorsprong, die Miniatuur Schnauzer... hulle is bekend vir hul liefdevolle geaardheid, goeie reuksintuig en intelligensie.
Oupa Johan Vertel .... Frenchie
Oupa Johan Vertel Sywurm Deel 2
Vandag vertel Oupa Johan vir ons meer van die res van die lewensiklus van die sywormmot. Hoop julle geniet dit.
Oupa Johan vertel ons van sywurms
Vandag is die 1ste deel van 'n video waar Oupa Johan ons meer vertel oor die sywurm. Die sywurm is baie interessant en het verskillende fases wat oor 'n lang tydperk geskied en ons moes maar geduldig wag vir elke fase om te voltooi. Hoop almal geniet dit en leer iets hieruit. Volgende week vertel Oupa Johan verder van die sywurm
Oupa Johan Vertel .....
Vandag vertel Oupa Johan vir julle van 'n baie oulike honderas - die Border Collie of Skaaphond. Dit is ook Sondag Internasionale Skaaphonddag en ons het dit goedgedink om julle juis om die rede meer van hulle te vertel. Hierdie Skaaphondjie het 'n pragtige Deense naam Sofus met 'n betekenis wat so mooi pas by die ras - WYSHEID. Geniet die video.