Welkom by ons Facebook Blad.
· “Deernis” vir mens en dier
· “Positiewiteit” “Your attitude determines your altitude!!”
Ons strewe is om deur ons teenwoordigheid, in hierdie deel van die land waar ons huidiglik woon, ons God gegewe roeping uit te leef. Deurdat ons omsien na die skepping en ook sodoende ‘n getuie van waarheid te wees.
Wat doen ons
Ons dienste word gelewer in verskeie veeartseny sektore soos produksie-, klein-, wild-, eksotiese diere en perde.
Aan ons grootdier kliente verskaf ons dienste ondermeer kudde gesondhied, siektemonitering en voorligting. Dit sluit die volgende in: dragtigheids ondersoeke, vrugbaarheids ondersoeke , TB en bruselose toetse askook kudde bestuur en – welstand. Ons het V-data asook VIVET inlgiting stelsels wat ons toerus om statistiek en ingligting te verwerk.
Ons is deurlopend op bystand vir eninge noodgevalle hetsy dit klein-, groot, vee, produksie-, perde of wilde diere is. Skakel ons op 079 264 1329
Elke pasient en sy eienaar word met sorg, liefde en deurnis behandel. Sodoende maak ons ‘n verskil! ‘n Hoogs gespesialiseerde digitale xstraal masjien met rekenaar integrasie, ‘n binneshuise laboratorium en goed toegruste teater help ons om dit moontlik te maak.
Ons geniet dit om in die teelseisoen skanderings op merries te doen. Algemene perde gesondheid en inentings wat ook die sorg van vullens insluit, word gereeld deur ons gedoen. Ons help ook baie koliek perde wat gereeld as noodgevalle in die verlede verwys was. Daarom het ons postief ‘n poging aangewend om tot diens te wees in hierdie area deurdat ons ‘n perde hospitaal geopen het naamlik CAVALLO EQUINE HOSPITAL.
Daar is ‘n groot behoefde aan diere welsyn werk in ons streek. Ons ondersteun en help om diere welsyn in ons streek te dryf deur ons assosiasie met Ecclesia, - ‘n niewinsgewende dierewelsynsorganisasie. Ecclesia kan ons help deurdat ons kostruktief veranderinge kan bring en ook uit te reik na die wat minder bevoorreg is. Daarvoor gebruik ons ons Godgegewe talente.