Schweizer Dierekliniek

Schweizer Dierekliniek Schweizer Dierekliniek is n klein- en grootdier praktyk waar ons n groot verskeidenheid veearts dienste kan lewer vir u plaas- en troeteldiere.

Kantoor: 053 004 0124 (weeksdae binne-ure)
Na-ure nood:
Dr Gerhard: 071 051 9626
Dr Madelé: 073 543 0233

14/02/2025

Groot- en kleindiere welkom by Schweizer Dierekliniek.🐄🐑🐈‍⬛🐕

Kontak ons gerus : 053 004 0124☎️

Onthou om môre n draai te kom maak🐩🐈
13/02/2025

Onthou om môre n draai te kom maak🐩🐈

Moenie die kans misloop om jou diere kinders se gesondheid te verseker nie🐩🐈Dotsure Pet Insurance is Vrydag, 14 Februari...
10/02/2025

Moenie die kans misloop om jou diere kinders se gesondheid te verseker nie🐩🐈

Dotsure Pet Insurance is Vrydag, 14 Februarie 2025 om 09:00 tot 13:00 by Schweizer Dierekliniek om met jou gesels oor jou troeteldier se mediesefonds.

06/02/2025

Ontmoet vir Gawie die hanskalf wat ons kom besoek het🐮

🎉Rewards Loyalty Cards🎉________________________________Koop jy op n gereelde basis Mobiflex of MirraCote vir jou diereki...
04/02/2025

🎉Rewards Loyalty Cards🎉
________________________________
Koop jy op n gereelde basis Mobiflex of MirraCote vir jou dierekinders ?

Kom kry nou jou loyalty kaart by Schweizer Dierekliniek. Koop 5️⃣ van dieselfde prduk en kry n 6️⃣de een GRATIS!

03/02/2025

Beskikbaar by Schweizer Dierekliniek

ń Groot en gesonde span hondjies hier gebôre d.m.v ń keisersnee. 🐶
03/02/2025

ń Groot en gesonde span hondjies hier gebôre d.m.v ń keisersnee. 🐶

31/01/2025

Dis amper naweek 🐶🎉

Ons is nou Saterdae ook oop van 9:00 tot 12:00.

***Alle konsultasies slegs per afspraak***

Bonny oppad huistoe met sy nuwe speelding na sy veeartsondersoek. Kom loer gerus na die oulike nuwe speelgoed beskikbaar...
30/01/2025

Bonny oppad huistoe met sy nuwe speelding na sy veeartsondersoek.

Kom loer gerus na die oulike nuwe speelgoed beskikbaar by ons. 🐶

Baie geluk aan tannie Marie Badenhorst. Wenner van die Bravecto Kompetisie. Hier houvas sy vir Skollie.🐾
21/01/2025

Baie geluk aan tannie Marie Badenhorst. Wenner van die Bravecto Kompetisie.

Hier houvas sy vir Skollie.🐾

Hierdie oulike spannetjie was by ons vir hulle eerste inentings.Inentings behels ń volledige kliniese ondersoek deur ń v...
20/01/2025

Hierdie oulike spannetjie was by ons vir hulle eerste inentings.

Inentings behels ń volledige kliniese ondersoek deur ń veearts.

Dit kan help om vroeg al gesondheidsprobleme (bv hartprobleme,tandheelkundige probleme ensovoorts) te identifiseer en aanbevelings te maak. Daar word gesels oor algemene gesondheidsorg en voeding van u troeteldier en enige vrae wat u het rondom u troeteldier se kondisie, gedrag of veranderinge daarin word beantwoord deur ń veearts.

Die inentingsprogram vir u hondjie, asook boekie wat geteken word en geldige bewys is van volledige inentings word verskaf.

Dit verseker dat ń gesonde dier korrek ingeënt word en dus kan optimale immuniteit verwag word.

Kom maak gerus ń draai indien dit tyd is vir u troeteldier se inenting 🐶🐱
053 004 0124

Vaccinations done by your vet includes a full clinical examination of your pet.

This can ensure early detection of disease or syndromes (for example heart disease, dental disease etc). General feeding recommendations and overall necessary health care is discussed.

An official vaccination record booklet will be provided and signed with the correct vaccination program for your pet.

This ensure that a healthy pet is vaccinated and thus an optimal immune response can generally be expected from the vaccination.

Contact us for an appointment when it is time for your pets next vaccination.
053 004 0124 🐶🐱

17/01/2025
15/01/2025

ONTMOET VIR KARA

Kara is een baie gelukkige Great Dane.

Haar eienaars het een Sondagmiddag onraad vermoed toe sy vinnig asem haal, nie haarself was en effens opgeblaas vir hulle begin lyk.

Haar besorgde eienaars het dadelik kontak met ons gemaak en haar toe ingebring waarna sy met ń GDV (Gastric dilatation and volvulus) gediagnoseer is.

Sy is behandel en geopereer en na ń lang herstel proses weer perdfris en gesond.

(Sien vorige plasing vir meer inligting oor hierdie kondisie)

Gastric dilatation and volvulus (GDV) Hierdie kondisie kom mees algemeen voor in grootras honde alhoewel enige hond geaf...
15/01/2025

Gastric dilatation and volvulus (GDV)

Hierdie kondisie kom mees algemeen voor in grootras honde alhoewel enige hond geaffekteer kan word.

Dit gebeur wanneer die maag opblaas en draai en die invloei en uitvloei van die maag blokkeer.

Dit veroorsaak dat daar drukking op groot bloedvate geplaas word en bloed kan nie teruggevoer word na die hart nie, ook sit die groot opgeblaasde maag drukking op die diafragma en beïnvloed asemhaling.
In dieselfde tyd is die bloedtoevoer na die maag geaffekteer. Hierdie veroorsaak dat die liggaam in kardiovaskulêre skok in gaan.

🚒‼️Hierdie is ń baie ernstige lewensbedreigende noodgeval en benodig onmiddelike veearts sorg (elke minuut tel in hierdie gevalle).

🐕Watter faktore verhoog die risiko vir die ontwikkeling van ń GDV ?

•Oefening nadat groot hoeveelhede kos of water ingeneem is.
•Baie groot maaltye.
•Vinnige eet van kos.
•Familie geskiedenis van GDV

🐕Watter honde word geaffekteer ?
Grootras honde word meestal geaffekteer. (Great Dane, Weimeraner, Rifrug, Saint Bernard, German Sheperd, Boerboel ensovoorts)

🐕Watter faktore verlaag die risiko dat ń hond ń GDV ontwikkel ?
•Kleiner maaltye (2-3keer per dag)
•Goeie kwaliteit hondekos

🐕Kan die kondisie voorkom word ?
Ja.
In die geval van grootras honde kan ń prosedure genoem “gastropexy” gedoen word. Dit behels chirurgiese aanhegting van die maagwand aan die binnekant van die buik, dit sal keer dat die maag kan draai.
Dit kan al op ń jong ouderdom gedoen word en sal dus keer dat ń hond ń GDV later in sy lewe kan kry.

🐕Wat behels die behandeling ?

Vinnige optrede vanaf eienaar om die pasient by ń veearts uit te kry vir behandeling is van uiterste belang om die oorlewing van die pasient te verseker.

‼️Hierdie kondisie kan nie wag nie en is baie tyd sensitief.

Stabilisasie om kardiovaskulêre skok te behandel met baie binne-aarse vloeistof, verskeie medikasies, X-strale, onmiddelike dekompressie van gas in maag en dan chirurgie wat die maag weer in sy normale posisie draai en daar vaswerk is onder andere wat die behandeling behels.

Ons wens vir almal n voorspoedige 2025. 🎉🎉🎉
01/01/2025

Ons wens vir almal n voorspoedige 2025. 🎉🎉🎉

Nuwe Rogz Fusion kat reeks.Beskikbaar by Schweizer DierekliniekKom maak gerus n draai. 🐈‍⬛🐈
12/12/2024

Nuwe Rogz Fusion kat reeks.
Beskikbaar by Schweizer Dierekliniek

Kom maak gerus n draai. 🐈‍⬛🐈

Address

42 Markson Street
Schweizer-Reneke
2780

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27530040124

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Schweizer Dierekliniek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Schweizer Dierekliniek:

Videos

Share

Category