18/09/2024
Tyd is besig om uit te hardloop vir hierdie pragtige 1 jaar oue meisie kat (Ava) as daar nie vir haar 'n huis kan gekry word waar sy die enigste kat is nie. Sy is huidiglik by 'n foster wat self 11 katte het en sy verdra nie ander katte nie. Almal is bang vir haar wat veroorsaak dat hulle nie vrylik in hul eie huis kan rondbeweeg. Ava, soos sy nou genoem word, was agtergelaat toe haar mense getrek het en moes haarself teen feral katte beskerm vir 6 maande lank dit is dus nie haar skuld dat sy eerste op die aanval is nie. Sy moet net die kans gegun word om haarself te wees. Is daar niemand daar buite wat hierdie mooi meisie 'n kans kan gee op lewe nie?