Paul Maré Bonsmaras

  • Home
  • Paul Maré Bonsmaras

Paul Maré Bonsmaras Ons teel al meer as 30 jaar top genetika Bonsmara beeste en deel dit graag met vriende & mede boere.

10/07/2025

Ons het nuwe bloed gaan haal by Tutu en Derek van Up George.

LAR 21 - 336 het veilig in die Vrystaat aangekom om die genepoel nog verder uit te bou.




08/06/2025

Pragtige jong verse in die veld, ons harte klop rooi.

09/05/2025

'n Groot dankie aan ieder en elk wat ons veiling bygewoon en ondersteun het.

Goeie diere is vir billike pryse verkoop. Mag hulle 'n aanwins wees in die kuddes waarheen hulle gaan. Ons maak in 2026 weer so!

08/05/2025

Die tafel is gedek en dit is "n lieflike dag vir veiling hou!

Vandag is die dag....

07/05/2025

More is veilingsdag! Ons hoop om jou welkom te kan sê.

06/05/2025

Lot 1, WBB 22-307, is "n halfboetie van Lot 5. Hy is ook 'n WBB 18-201 seun en LAR 14-173 kleinseun met presies dieselfde eienskappe.

Dalk praat hierdie jong bul met jou. Kyk hom mooi deur en d**k hoe hy oor 2 jaar gaan lyk... want so sal hy dan teel.

06/05/2025

Vroulike stoet diere is selde op veiling te koop. Vanjaar doen ons dit anders. Hierdie mooi stoet koeie is op aanbod op ons veiling, Donderdag 8 Mei.

Kommersiële diere sal ook aangebied word.

05/05/2025

Benjamin Bosch se “Game Changer” keuse is Lot 5 WBB 22-255.

Dié bul is 'n WBB 18-201 seun wat in 2022 Ben se nommer 1 bul was. Chris Visser en Jaco du Preez het hom toe gekoop vir R360K.

Lot 5 is 'n kleinseun van LAR 14-173 (Maestro), en het normaal vir die myostatin geen Q204X getoets.
Hy het 'n baie goeie bouvorm, ongelooflike syfers en is by uitstek 'n stoetbul wat goeie vervangingsverse en speenkalwers sal teel.

Sy ma se TKP 366 👌

05/05/2025

Lot 8 is nog ‘n uitskieter

22- 444 bring ‘n GDT van 109 en voer omset van 103 tafel toe, wat teruggeneem kan word na nog ‘n NFS-bul wat lank terug gebruik is.

Aan die ma se kant het ons ‘n klap Maestro in die gene. Fenotipies is die bul gepak en sterk agter die blad. Met ‘n kalwingsgemak waarde van 132 gaan jy baie maklike kalwings hê.

Ander waarders wat tel is:
Speenkalf waarde is 104
Vrugbaarheidswaarde 104
Koei waarde 112
Groeiwaarde 101
L-H verhouding 1.26
Hier is jou All Rounder!

04/05/2025

Lot 4 LMR 22 -20, sal uitstaande vervangingsverse kan teel. Sy vrugbaarheidswaarde is 107, met ‘n groei waarde van 113 – goeie waardes op die twee belangrikste eienskappe wat jy in ’n vers-bul wil hê, naamlik vrugbaarheid en groei.

Aan die pa se kant het ons ‘n NFS-bul van Sernick. Sy GDT indeks is 110 en met ‘n groei omset van 108 sal hierdie bul vir jou vrugbare, ekonomiese diere teel.
Les bes, sy lengte-hoogte verhouding is 1.24.

Kyk hom maar deur!



Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Paul Maré Bonsmaras posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Paul Maré Bonsmaras:

Shortcuts

  • Address
  • Telephone
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Pet Store/pet Service?

Share

Paul Marè Bonsmaras en vriende

Elke mens word met ‘n passie gebore! Wanneer jy dié passie deel maak van jou beroep, leef jy ‘n droom uit. So bly hierdie passie steeds, ten spyte van roetine, terugslae en alle ander faktore wat die lewe mag voortbring, ‘n deurslaggewende deel van jou bestaan. ‘n Mens wie elke dag kan sê: “Ek teel met toewyding!” leef ‘n bees-droom! “Hoekom Bonsmara?” kan jy vra. Die antwoord is voor-die-hand-liggend. Dit is immers ‘n wetenskaplik geteelde, saamgestelde ras wat deur Suid Afrikaners, vir Afrika, geteel is. Die feit dat die Bonsmara ook goed aard en gewild is in baie ander wêrelddele, wys sy aanpasbaarheid en oorlewingsvermoë. “En dan is hulle nog mooi ook!”

Paul Maré

Each individual is born with a specific passion! When this becomes entwined with your career, life becomes a dream. Despite daily routine, setbacks and other issues which life might deliver, your passion remains an influential part of your reality. Consequently, our slogan “Ons teel met toewyding!” confirms that we are living a cattle breeder’s dream. You could ask: “Why Bonsmara?” The answer is clear. This is a scientifically bred, composite breed, bred by South Africans, with African conditions in mind. The Bonsmara’s adaptability is made evident through its popularity in other parts of the world, where it continues to thrive. And to top it all off “it’s a fine-looking breed!”