21/04/2024
Welkom aan Dr Ronald Van de Wetering!
Dr Ronald het groot geword tussen Pretoria en Thabazimbi en het vinnig besef dat sy hart by die bosveld lê. Naskool het hy Veeartsenykunde gaan studeer by Onderstepoort. Met die voltooiing van sy studies het hy sy tassies gepak vir Oudtshoorn waar hy sy gemeenskapsjaar voltooi het met Marliza sy vrou en Buks sy hond aan sy sy. Ronald het vlakvarke hopeloos teveel gemis na sy jaar weg en het besluit om terug te keer na die bosveld. �
Ronald geniet visvang, jag, golf en draf graag in sy vrye tyd. Werks gewys hou hy daarvan om iets van alles te doen en sy kennis soveel moontlik uit te brei.
Ons is seker Dr Ronald gaan ‘n aanwins vir die gemeenskap wees!