
03/07/2025
“The Workout”
🍷 ‘n Hartlike Dankie – WP Saalperd Subunie Wynfondsinsameling
Dis nie elke dag wat ‘n mens iemand soos Bennie Booysen teëkom nie – die meester-wynmaker met ‘n hart van goud. Bennie het 100 kiste van sy 2023 Shiraz, The Workout, aan die WP Saalperd Subunie geskenk om fondse in te samel vir ons provinsiale saalperde – ‘n gebaar wat veel meer beteken as net wyn, dit is ‘n toonbeeld van passie en liefde vir die sport.
Met net ‘n handjievol mense wat ingespring het om hierdie wyn te help verkoop, het ons meer as R100 000 ingesamel – alles ten bate van die perde waarvoor ons almal só lief is. Ek het vanaand my eerste bottel oopgemaak… en toe sommer dadelik die tweede ook. 😄 Hierdie is regtig ‘n heerlike, maklik drinkbare Shiraz. Almal wat al geproe het, stem saam – dis besonders!
‘n Groot dankie aan Bennie Booysen, aan elkeen wat ‘n boks gekoop het, en aan die manne en vroue wat gehelp het verkoop. Julle het gewys wat dit beteken om vir iets groter as jouself te werk – vir ‘n sport, ‘n subunie, en vir perde wat ons harte steel.
🍷 Bennie, jy’s ‘n legende. Hierdie glas klink ons op jou!