15/11/2024
'n Dankbare pasient! Baie dankie aan Lilly ,die Dalmatian, wat vandag 'n lewe gered het deur bloed te skenk.
Ons wil graag weer 'n ernstige beroep op ons kliente doen, tref asseblief voorsorg! Bosluiskoors is 'n baie ernstige siekte! U hond raak bloedarmoedig en kan dan nie behoorlik suurstof deur die liggaam versprei nie en gaan dan basies dood deur te versmoor! Ons vra asseblief dat u nie versuim om iets te kry wat die bosluise doodmaak nie! Indien u twyfel of d**k dat dit te duur is, kontak gerus ons kantoor, ons het iets wat elkeen se sak sal pas! U kan ons skakel op 058 913 1015