Ons werk aan fiksheid vir volgende jaar se planne.
Geseende kerstyd en gelukkige nuwe jaar almal.
Klasse begin volgende jaar Woensdag 3 Januarie 2024.
Iemand het vandag vir my die kompliment gegee dat Ace jonger lyk as wat sy is. So kom ek deel sommer met almal.
Gee jou hond die beste kos wat jy kan bekostig, maar nie te veel. Hou jou hond slank.
En gee hulle baie oefening. Hoe meer oefening hoe beter is dit vir hulle.
Dis vir my altyd n hoogtepunt om n hond te kry om meer selfvertroue te he. Nala was baie bang vir vreemdelinge en vinnige bewegings. Baie dankie Carien dat ek die geleentheid kan he om met haar te werk.
Shiloh kom ook by, een van die dae gaan sy 'n detection dog wees. Sy soek na haar bal.
Terug in Swellendam en werk al klaar weer my honde.
Inskrywings vir Mei se hondeklasse maak vandag oop, as jy wil inligting he kontak my asb. 071 580 2672
Ons vorder. Dankie Clinton vir alles wat ons kan leer.
N doring stop Ace nie. Dankie Clinton van Tactical K9 Africa. Besig met Carbajal method.
Ace se eerste keer met artikels op spore. Dankie Clinton
Ons vorder. Dankie Clinton van Tactical K9 Africa.
Eerste keer op 'n trace scent spoor. Nog bitter baie werk. Dankie Clinton vir jou ondersteuning. Kombinasie van IGP tracking en mantrailing.
Lanklaas gepost. Ek en Ace is vir opleiding in Swartruggens.
Die belangrikheid om jou kennis op te bou. Ek probeer altyd nuwe dinge leer. Baie dankie aan die IGP klub in George wat 'n seminaar gehou het en Ferdi en sy vrou wat dit aangebied het. Ek het baie geleer.
"The moment you stop learning is the moment you fail."
Die video wat ek belowe het. Shiloh het nou al wel dit n paar keer gedoen. Ek gaan nou woorde by haar aksies begin sit.
Die kunsmissakke waarvan ek gepraat het in my vorige post.
Training tip:
Stel jou hond bloot aan allerhande vreemde oppervlaktes.
Ek het vanoggend met my nuwe hondjie Shiloh gaan stap en het oor alherhande snaakse goed geloop. Van grondpad en klippe tot kunsmis sakke.
Luvita SA jou hondekos is lekker genoeg om as 'n beloning te gebruik.
Spoorsny (mantrailing) by 'n workshop aangebied deur Clinton van International Mantrailing Academy. Wat 'n ervaring, as jy belangstel in so iets kontak my.
As jy belangstel om jou hond te leer snuffelwerk doen. Kan ons dit doen. Dit is baie stimuleerend vir hulle.